Die Tuin in my Kop
 
Dis die dat mens bukloop
Van al die saamdra;
Van stukkies residue…
Losgeruk uit ou bemindes
 
Loop twee dan nie in
By mekaar se krakies nie
Vul die duikies op
Maak die puntjies toe
 
Dis van losruk dat die takke
Van ander slingerplante
Op jou lyf vasgroei-agterbly
Dat mens moet bukloop –
Gee die steggies dan maar water
Dan bly ou blare groen
Jy moet jou drome sonder ophou soen
 
Netnou is nou nou
Se onthou
Al wat mens more het
Is gister se blare
En die gedagtes vroetel
Soos vingers tussen hare
 
… en môre se blom
 
CG